Jongste Nuus

Die Sentrum vir Grondwetlike Regte skryf gereeld artikels oor tersaaklike aangeleenthede, neem deel aan die nasionale debat oor  grondwetlike aangeleenthede en voer interaksie met die regering en belanghebbende groepe wat ten doel het om die Grondwet en die waardes wat die vervat, te onderhou.

ARTIKEL: ‘N KWESBARE REGBANK?

gavel small

Soos wat die geval is met strukturele interdikte - met lae van verslagdoening en toesighouding - is die onlangse bevel deur die Konstitusionele Hof in Black Sash Trust v Minister of Social Development and Others (Black Sash-saak) verreikend en omvattend. Gewoonlik sal sodanige interdik beskuldigings van inmenging en ‘n moontlike skending van die beginsel van die skeiding van magte ontlok - en nie om ongegronde redes nie - maar hierdie is nie gewone tye nie. 

Op dieselfde dag as wat die Konstitusionele Hof sy bevinding gemaak het in die Black Sash-saak, het die Hoë Hof in Pretoria die Minister van Polisie se aanstelling van generaal-majoor Ntlemeza as Nasionale Hoof van die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoek ter syde gestel. Dit is ter syde gestel op grond daarvan dat die aanstelling, gegewe vorige negatiewe bevindinge deur howe teen generaal-majoor Ntlemeza, irrasioneel was.

VERKLARING: MENSEREGTEDAG 2017 - DIE GRONDWET ONDER DRUK

foter ConCourt

Menseregtedag op 21 Maart word gedenk om die nasie se verbintenis tot die Handves van Regte, wat in die Grondwet verskans is, te vier en weer te beklemtoon. Die Grondwet dien as skans teen die mag van die Staat, terwyl dit terselfdertyd die Staat verplig om menseregte te respekteer, beskerm, bevorder en uit te voer. 

21 jaar na die aanvaarding van die finale Grondwet, is Suid-Afrika 'n funksionerende grondwetlike demokrasie - die relatief vreedsame oorhandiging van mag in die plaaslike verkiesings van 2016 getuig grootliks hiervan. Endemiese vlakke van korrupsie in baie staatsdepartemente en ander staatsorgane belemmer die mate waarin regte geniet kan word. Die onlangse ingryping deur die Konstitusionele Hof, waar die Hof 'n bevel uitgereik het vir die verlenging van 'n andersins onwettige kontrak tussen die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (SASSA) en Cash Paymaster Services (CPS), ten einde 'n krisis betreffende maatskaplike sekerheidstoelae te verhoed, is maar een voorbeeld hiervan. Net so loop staatsinstellings soos die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK), die Passasierspooragentskap (PRASA) en PetroSA deur onder probleme met leierskap, finansiële en regsuitdagings. Dieselfde geld vir organisasies wat misdaad beveg, soos die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) en die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD). Dit het 'n uitwerking op hul vermoë om hul mandate uit te voer, wat weer die Staat se vermoë om sy grondwetlike mandaat uit te voer, belemmer.

ARTIKEL: DIE UITSKAKELING VAN STRUIKELBLOKKE VIR SPORTDEELNAME - INKLUSIWITEIT MOET DIE PRIORITEIT WEES

Chaeli Argus opt

Op Sondag, 12 Maart 2017, sou 35 000 fietsryers deelgeneem het aan die Cape Town Cycle Tour - een van Suid-Afrika se mees ikoniese sportgeleenthede. Ten spyte daarvan dat die geleentheid gekanselleer is, moet die organiseerders geloof word vir hul benadering om mense met gestremdhede in te sluit. Hierdie geleentheid is ‘n bloudruk vir inklusiwiteit en gee uitvoering aan die reg op gelykheid, soos in artikel 9 van die Grondwet verskans is.

Agtien handfietsryers en ongeveer 15 mense met gestremdhede in ‘buggies’ (wat deur ‘n fietsryer en ‘n ondersteuningsfietsryer getrek word en dus 39 mense in die buggy-spanne insluit) sou aan die geleentheid deelgeneem het. ‘n Inklusiewe fasiliterende proses met hierdie spesifieke fietsryers het verseker dat alle veiligheids-, gesondheids- en logistieke bekommernisse getakel word. Een innoverende aanpassing het ingesluit die voorsiening van ‘n opsporingstoestel aan die ‘buggy-spanne’, wat geaktiveer kan word in ‘n noodgeval. Die vraag is nou of dieselfde inklusiewe benadering deur ander groot en selfs kleiner sportgeleentheidsorganiseerders in die land gevolg kan word?

ARTIKEL: DIE SAUK - DIE MISBRUIK VAN GEREGTELIKE HERSIENING

SABC LogoVolgens die Hoof Uitvoerende Beampte van die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK), het die Uitsaaier die Hoë Hof genader om die bevindings van die voormalige Openbare Beskermer se verslag - When Governance and Ethics Fail - te betwis. Daardie verslag het bevind dat die voormalige Hoof Bedryfsbeampte, Hlaudi Motsoeneng, skuldig is aan wangedrag en dat hy sy pos by die SAUK op bedrieglike wyse bekom het. Die aansoek om hersiening - op grond van administratiewe geregtigheid - kom 'n hele drie jaar na die verslag uitgereik is en die regstellende stappe daarvolgens deur die Kantoor van die Openbare Beskermer gepubliseer is.

Die Kantoor van die Openbare Beskermer is deur die Grondwet daargestel en die mag wat dit uitoefen word as administratiewe optrede beskou, volgens artikel 1 van die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid (PAJA). Artikel 6 van PAJA bepaal dat enige iemand die howe mag nader om geregtelike hersiening vir 'n wye reeks redes, met inbegrip van gebrek aan gesag, vooroordeel en die feit dat die betrokke besluit ongrondwetlik of onwettig is. Artikel 7 van dieselfde wet bepaal watter verrigtinge ingestel moet word vir geregtelike hersiening. Die eerste vereiste is dat verrigtinge sonder 'n onredelike vertraging ingestel moet word, en nie later as 180 dae nadat die administratiewe optrede ingestel is nie. PAJA maak voorsiening vir die variasie (kondonering van die vertraging) van die tydklousules van 'n hof in die belang van geregtigheid.

ARTIKEL: HIERDIE INTERNASIONALE VROUEDAG*- ONTHOU DIE VROUE IN DIE DEBAT OOR GROND

womens day opt

Die debat oor grond in Suid-Afrika, wat al jare voortduur, het klaarblyklik opnuut ‘n gevoel van dringendheid aangeneem. In die afgelope week het die Nasionale Vergadering ‘n mosie van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EVV) debatteer ten einde die eiendomsklousule in die grondwet te wysig, met die party se leier wat verklaar het: “Mense van Suid-Afrika, waar jy ‘n mooi stuk grond sien, vat dit, dit behoort aan jou”. Die President het ook ‘n beroep om onteiening sonder vergoeding gedoen – ‘n sentiment wat hy die eerste keer tydens sy Staatsrede van 2017 geuiter het.

Dit is waar dat die trae pas van grondhervorming, asook die gebrek aan institusionele vermoë in Suid-Afrika, gelei het tot die versuim om die grondwetlike belofe van ‘n egalitariese en getransformeerde samelewing te verwesenlik. Dit is ook waar dat die beskikbare statistieke oor patrone van grondeienaarskap grootliks verouderd en onvoltooid is. ‘n Oudit van 2014 deur die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, bevoorveeld, dui aan dat 79% van die land se grond in privaat besit is, sonder om die ras, geslag of nasionaliteit van sodanige eienaarskap bekend te maak. Die gebrek aan ‘n omvattende en huidige landwye grondoudit het te dikwels daartoe gelei dat belangrike politieke figure die feite manipuleer ten einde die aandag van swak staatsbestuur af te lei. 

Eerlike en robuuste debat is dringend nodig oor die gronddebat, maar wat grootliks ontbreek in die huidige diskoers, ongeag hoe dringend, en by tye uiters van aard dit is, is die perspektief met betrekking tot ras. Dit skep die werklike risiko dat geslagsongelykheid voortgeset word, met betrekking tot toegang tot grond.

VERKLARING: BEVESTIGING VAN DIE LEGALITEITSBEGINSEL IN DIE BESLUIT OM VAN DIE ISH TE ONTTREK

icc logo smlDie Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) verwelkom vandag se beslissing deur die Noord-Gautengse Hoë Hof dat die regering se onttrekking van die Internasionale Strafhof (ISH) ongrondwetlik en ongeldig is in die afwesigheid van sodanige goedkeuring deur die Parlement.

Die beslissing is ‘n belangrike bevestiging van belangrike beginsels wat Suid-Afrika se grondwetlike demokrasie onderskraag. Voorheen het die Konstitusionele Hof aangevoer dat elke uitvoering van openbare mag - met inbegrip van optrede deur die uitvoerende gesag - by die legaliteitsbeginsel moet hou, en voorts dat die uitvoering van alle staatsmag altyd aan grondwetlike beheer onderworpe is. Dit geld ook vir die uitvoering van openbare mag ten opsigte van buitelandse sake.

grond & eiendom

FW de Klerk Stigting

Die Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) is ’n eenheid van die FW de Klerk Stigting.

FW de Klerk Stigting

Top Bedreigings teen die Grondwet

Menseregteverslagkaart

Maak 'n skenking

Help ons om die Grondwet te handhaaf en te bevorder.

cfcr-donate

Kliek Hier