Jongste Nuus

Die Sentrum vir Grondwetlike Regte skryf gereeld artikels oor tersaaklike aangeleenthede, neem deel aan die nasionale debat oor  grondwetlike aangeleenthede en voer interaksie met die regering en belanghebbende groepe wat ten doel het om die Grondwet en die waardes wat die vervat, te onderhou.

ARTIKEL: DIE STAATSREDE 'N REFLEKSIE OP DIE PRESIDENT EERDER AS DIE NASIE

parliament 'n President is iemand wat mense lei en rigting gee -­ of dit in 'n vergadering, 'n organisasie of 'n staat is. As 'n leier is dit ook 'n president se doel om te inspireer en om die rede en motivering te wees vir mense om op 'n sekere manier op te tree. As 'n president ooreenkomstig nie daarin slaag om te lei nie, sal diegene wat hy veronderstel is om te lei, hom nie wil volg nie. Dit geld natuurlik ook vir 'n land soos Suid-­Afrika.

ARTIKEL: PLIG OM REGERING TE KRITISEER IN ’N GRONDWETLIKE DEMOKRASIE

FNB Ons woon in 'n grondwetlike demokrasie waar mag ten alle tye deur die Grondwet ingeperk word, waar die regering onderhewig is aan die beginsels van verantwoordbaarheid, responsiewe ingesteldheid en deursigtigheid en waar elke burger die reg -­ en plig -­ het om deel te neem aan ons demokrasie. Ons woon in 'n oop samelewing wat beskerm word deur 'n Handves van Regte, met inbegrip van die reg op vryheid van uitdrukking en die reg om 'n mening te handhaaf. Dit beteken dat dit elkeen vry staan om die regering te kritiseer -­ veral wanneer daardie verkose verteenwoordigers versuim om op 'n deursigtige en verantwoordbare wyse te reageer op die vertroue wat deur die kiesers in hulle geplaas is.

ARTIKEL: SAMEWERKENDE REGERING EN DIE OWERHEDE

judge-hand-with-gavel Twee onlangse verwikkelinge in die Wes-­Kaap het die noodsaaklikheid beklemtoon van samewerkende regering en tussenregeringsverhoudings ten opsigte van ons Grondwet -­ nie net in die algemeen nie, maar spesifiek met betrekking tot polisiëring.

Die eerste is die kommissie van ondersoek wat deur die Premier van die Wes-­Kaap, Helen Zille, ingestel is om bewerings van ondoeltreffendheid in die polisie in Khayelitsha te ondersoek, ná bewerings deur die burgerlike samelewing oor 'n stelselmatige mislukking deur die SA Polisiediens om misdaad te voorkom, te bestry en ondersoek, verklarings te neem en misdadigers in hegtenis te neem in dié gebied.

ARTIKEL: OM ’N ADVERTENSIE TE PLAAS OF NIE - DÍT IS DIE VRAAG

speech-stop Publiseer die media onvolledige regeringskommunikasie omdat die inligting daarin vervat onakkuraat of misleidend is, of omdat dit (die media) te subjektief in sy verslaggewing is?

Die regering het eerstens geen reg om onakkurate of verdraaide feite weer te gee deur middel van advertensies met die gebruik van belastingbetalers se geld nie. In hierdie geval is die media verpligting om eerlike en akkurate kommunikasie van die regering te publiseer, sonder selektiewe redigering. Dit sal verseker dat die regering geen verskoning het om belastingbetalers se geld te gebruik om advertensiespasie te koop om ‘n boodskap oor te dra wat deur middel van ‘n mediaverklaring oorgedra kon word nie.

grond & eiendom

FW de Klerk Stigting

Die Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) is ’n eenheid van die FW de Klerk Stigting.

FW de Klerk Stigting

Top Bedreigings teen die Grondwet

Menseregteverslagkaart

Maak 'n skenking

Help ons om die Grondwet te handhaaf en te bevorder.

cfcr-donate

Kliek Hier