Komende Geleenthede

DIE GRONDWET IN AKSIE 2019: ONTBYTBESPREKING 3

191029 SGR Uitnodiging opt

Sluit by ons aan vir die derde in ‘n reeks ontbytbesprekings vir 2019, aangebied deur die Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) en die Konrad Adenauer-stigting (KAS).

Onderwerp:    “Die Verslag van die Presidensiële Adviespaneel oor Grondhervorming en Landbou: Die Voor- en nadele”

Die SGR het kundiges genooi om die aanbevelings van die Presidensiële Adviespaneel oor Grondhervorming en Landbou te ondersoek. Die paneel het die mandaat gehad om beleidsperspektief te gee oor grondhervorming rakende restitusie, herverdeling en verblyfreg hervorming en om onder andere die omstandighede waaronder onteiening sonder vergoeding toegepas sal word, te oorweeg.

 Sprekers:               

  • Dr Rosalie Kingwill, Navorsingsgenoot, PLAAS (die Instituut vir Armoede, Land- en Agrariese studies), Universiteit van Wes-Kaap
  • Me Annelize Crosby, Beleidshoof, Grondsake, Agri SA
  • Mnr Chris Hattingh, Projekbestuurder, Free Market Foundation

Datum:      Dinsdag, 29 Oktober 2019
Tyd:           07h00 vir 07h30 tot 09h30
Plek:          Sun Square, Kaapstadse Middestad, Buitengrachtstraat 23, Kaapstad
Koste:       Gratis (parkering vir eie rekening)

RSVP:        AANLYN                  

 

grond & eiendom

Maak 'n skenking

Help ons om die Grondwet te handhaaf en te bevorder.

cfcr-donate

Kliek Hier