parliament sabc

Die Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) verwelkom die President se besluit om uit die hoogste amp in die land te bedank. Terwyl die bedanking eers in werking tree sodra die Speaker van die Nasionale Vergadering skriftelik in kennis gestel is, bring die besluit weliswaar noodsaaklike sekerheid vir die nasie. Vir die grootste deel van 2018 is Suid-Afrika verlam gelaat wat die President se toekoms aan die stuur van sake betref. Hierdie verlamming het die uitstel van die jaarlikse staatsrede (SONA), asook die uitstel van verskeie belangrike funksies van die Nasionale Vergadering tot gevolg gehad. Dit sluit in die Openbare Beskermer se verskyning voor die Komitee van Justisie om verantwoording te doen oor die swak verslag oor die Estina-melkplaas, wat versuim het om individue wat hulself wangedra het, behoorlik aanspreeklik te hou, ten koste van Suid-Afrika se besonders weerlose burgers.

Terwyl die President in ‘n vroeër onderhoud uitdagend voorgekom het, en klaarblyklik onbewus was van enige verkeerde optrede van sy kant, het hy tydens sy verskyning later die aand, teen amper middernag, sommige ‘foute’ erken, maar slegs omdat hy ‘menslik’ is. Die Konstitusionele Hof het in die Nkandla-saak sodanige ‘foute’ in ‘n ernstige lig beskou, en as volg aangevoer: “...an order will thus be made that the President’s failure to comply with the remedial action taken against him by the Public Protector is inconsistent with his obligations to uphold, defend and respect the Constitution as the supreme law of the Republic; to comply with the remedial action taken by the Public Protector; and the duty to assist and protect the office of the Public Protector to ensure its independence, impartiality, dignity and effectiveness”. Skenk ook oorweging aan die feit dat sy naam gereeld in die State of Capture-verslag genoem word. Neem ook in ag die 18 aanklagte en 783 gevalle van bedrog, geldwassery en afpersing wat teen hom hangende is. Dit is beslis nie klein administratiewe foute waarvoor menslike swakheid blameer kan word nie. Dit dui op opsetlike, onboetvaardige en onverbiddelike wangedrag. Met die nasie se hoogste amp wat tot sulke laagtes gedaal het, draai Suid-Afrikaners nou na die Waarnemende President, Cyril Ramaphosa, om hom daaraan te herinner dat hy die Grondwet moet “handhaaf, beskerm en respekteer as die oppergesag van die wet”, en ook om “die eenheid van die nasie en dit wat dit Republiek sal bevorder, te bevorder”.

Statistiek SA se jongste kwartaallikse meningsopname oor die arbeidsmag wys op ‘n werkloosheidskoers van 26.7%. Graderingsagentskappe het hul oog op die nasie se grootste ondernemings in staatsbesit, wat deur staatskaping geraak word. Die misdaadkoers styg, en so ook maatskaplike euwels soos dwelmmisbruik. Maatskaplike samehorigheid hang aan ‘n draadjie. Nou, meer as ooit, het Suid-Afrika 'n President nodig wat alleenlik fokus daarop om die land weer in die regte rigting te stuur, sonder die afleiding om ‘n gevangenisstraf af te weer.

Terwyl die regerende party polities meer kon doen om die land in sy vertroue te neem gedurende die uitgerekte ‘herroepingsproses’, kan ‘n mens ten minste die vreedsame oorhandiging van die amp prys. Met President Zuma se bedanking is die land in ‘n goeie posisie om belangrike grondwetlike doelwitte te bereik, met inbegrip van die handhawing van die oppergesag van die reg.

Deur me Phephelaphi Dube: Direkteur, Sentrum vir Grondwetlike Regte
15 Februarie 2018

Laai die PDF af

grond & eiendom

FW de Klerk Stigting

Die Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) is ’n eenheid van die FW de Klerk Stigting.

FW de Klerk Stigting

Top Bedreigings teen die Grondwet

Menseregteverslagkaart

Maak 'n skenking

Help ons om die Grondwet te handhaaf en te bevorder.

cfcr-donate

Kliek Hier