constitution education opt

Het die Universiteit van die Vrystaat versuim om oorweging te skenk aan Afrikaanse studente se grondwetlike reg kragtens artikel 29(2)? Dit volg nadat die universiteit sy dubbelmedium-taalbeleid met 'n enkelmedium-beleid vervang het. Dit was 'n belangrike kwessie in die Appèlhof se uitspraak in University of the Free State v Afriforum (Appèlhof-uitspraak). Die UV se uitspraak is gegrond op 'n “verbintenis tot transformasie”, en is deur die Appèlhof gehandhaaf. Afriforum het aansoek verlof by die Konstitusionele Hof ingedien om teen die beslissing te appelleer.

In 'n eerste vir die Konstitusionele Hof, sal dit belangrik wees om die betekenis van die interne kwalifiseerders van artikel 29(2) duidelik te stel, in die konteks van hoër onderwys.

Artikel 29(2) waarborg elkeen se reg om onderrig te ontvang aan 'n openbare hoër onderwysinstelling, in die taal van hul keuse, mits dit redelik doenbaar is. Voorts moet die staat “alle redelike opvoedkundige alternatiewe oorweeg, met inbegrip van enkelmediuminstellings” om aan hierdie reg uitvoering te gee en dit in werking te stel deur billikheid, uitvoerbaarheid en die behoefte om die gevolge van rassediskriminerende wette in die verlede reg te stel.

Die grootste punt van kommer is die “redelike uitvoerbaarheid” in artikel 29(2). Indien die Konstitusionele Hof saamstem met die Vrystaatse Hoë Hof (die Hoë Hof) sal die kwalifiseerder van “redelik uitvoerbaar” uitgelê word om verband te hou met logistieke oorwegings om te bepaal of dit moontlik is onder die omstandighede om onderrig in 'n spesifieke taal aan te bied. Indien dit “redelik uitvoerbaar” is, sal die Staat verplig wees om “alle redelike opvoedkundige alternatiewe” op te weeg om te sien hoe dit verwesenlik kan word, met inagneming van billikheid, uitvoerbaarheid en historiese regstelling. Die Hoë Hof het bevind dat Afrikaanse onderrig “redelikerwys uitvoerbaar” is aangesien daar geen hulpbronbeperkings is nie, en dat die dubbelmedium-taalbeleid beter uitvoering gegee het aan billikheid, uitvoerbaarheid en historiese regstelling.

Die Appèlhof het bevind dat die kwalifiseerder van “redelikerwys uitvoerbaar” 'n “konteks-sensitiewe assessering” is, en dat enige faktor dus oorweeg kan word, met inbegrip van normatiewe oorwegings. Gevolglik is oorwegings soos “nie-rassigheid” en “desegregasie” ingestel in die evaluering van “redelikerwys uitvoerbaar”. Met betrekking tot hierdie benadering het die Appèlhof bevind dat die dubbelmedium-taalbeleid uitvoerbaar mag wees, maar nie redelikerwys nie, aangesien dit ander grondwetlike norme oortree. Dit is egter nie duidelik gestel in watter opsig en hoe die enkelmedium-taalbeleid beter uitvoering aan billikheid, uitvoerbaarheid en historiese regstelling sal gee nie.

Die vraag is nie watter benadering reg was nie, maar eerder of die aangenome benadering 'n “objektiewe en regverdigbare ontkenning van die reg” lewer. Dit sal in ooreenstemming wees met Regter Kriegler se mening in Ex parte Gauteng Provincial Legislature: In re Dispute Concerning the Constitutionality of Certain Provisions of the Gauteng School Education Bill of 1995, toe die kwalifiseerder van “redelikwerys uitvoerbaar” van die voorganger van artikel 29(2) in die tussentydse Grondwet bespreek is.

Gegewe die behoefte aan 'n objektiewe en regverdigbare uitkoms, voldoen die Hoë Hof se benadering tot die vereiste van “redelikerwys uitvoerbaar” beter as dié van die Appèlhof. As 'n mens jurisprudensie en beleid oor artikel 29(2) in die konteks van basiese onderwys oorweeg, is daar steun dat die kwalifiseerder van “redelikerwys uitvoerbaar” met logistieke oorwegings verband hou.

Eerstens, verklaar die Norms and Standards for Language Policy (Norme en Standaarde) wat kragtens die SA Skolewet gepubliseer is, dat dit “redelikerwys uitvoerbaar” is om onderrig in 'n spesifieke taal te bied indien “ten minste 40 leerders in Graad 1 tot 6” of “35 leerders in Graad 7 tot 12” dit in 'n spesifieke skool versoek. Die skrywers Woolman en Fleisch, in hul analise van Minister of Education, Western Cape and Others v Governing Body, Mikro Primary School and Another, het ook voorgestel dat die kwalifiseerder van “redelikerwys uitvoerbaar” verband hou met 'n voldoende getal studente wat 'n spesifieke taal versoek, waar daar geen geskikte alternatiewe skool is om sodanige onderrig aan te bied nie.

Die regverdiging vir onderrig in 'n voorkeurtaal eindig nie sodra daar bewys word dat dit “redelikerwys uitvoerbaar” is nie. Die Staat is verplig om op objektiewe wyse te wys waarom 'n spesifieke opvoedkundige opsie meer geneig sal wees om billikheid, uitvoerbaarheid en historiese regstelling te bevorder. Weereens beklemtoon Woolman en Fleisch dat daar gevalle mag wees waar selfs 'n enkelmedium-opsie aan die gegewe kriteria voldoen en dat die Staat nie net 'n verbintenis tot ‘transformasie’ kan gebruik om weg te doen met enkelmedium-instellings nie.

Die gedeelte “redelikerwys uitvoerbaar” en die oorweging van “alle redelike opvoedkundige alternatiewe” van artikel 29(2) kan nie geskei word nie, aangesien dit in stryd is met 'n doelgerigte uitleg van die Grondwet. Dit beteken egter nie die twee gedeeltes kan nie na verskillende tipe oorwegings verwys nie. In Head of the Department, Mpumalanga Department of Education and Another v Hoërskool Ermelo and Another (Ermelo-saak), het Regter Moseneke beklemtoon dat artikel 29(2) is “bestaan uit twee afsonderlike, maar wedersyds versterkende dele”. Die Ermelo-saak het ook 'n logistieke benadering gevolg tot die “redelikerwys uitvoerbaar”-kwalifiseerder in dié sin dat faktore soos “beskikbaarheid van en toeganklikeid tot skole” en “inskrywingsvlakke” in die konteks oorweeg is. 'n “Konteks-sensitiewe begrip” soos na verwys in die Ermelo-saak kan nie só vertolk word om te regverdig dat enige normatiewe faktor in die evaluering van “redelikerwys uitvoerbaar” oorweeg kan word nie, aangesien die behoefte vir die Staat om te regverdig waarom een taalbeleid billikheid, uitvoerbaarheid en historiese regstelling beter sal bevorder nie.

Die Hoë Hof se benadering blyk om 'n meer objektiewe en regverdigbare uitkoms te bied. Die Appèlhof se benadering, aan die ander kant, is moeilik om te evalueer, aangesien 'n ideologiese en onaantasbare konsep soos transformasie die ondersoek na “redelikerwys uitvoerbaar” oorskadu.

Artikel 29(2) is sensitief teenoor die samelewing waarin die reg uitgeoefen moet word, en bied 'n oorweging van grondwetlike kriteria wat die ontkenning van 'n spesifieke taalbeleid sal regverdig. Dit moet egter objektief bewys word dat dit waar is. Objektiwiteit en regverdigbaarheid moet die riglyne wees. 'n Politieke narratief kan nie eenvoudig hierdie oorwegings ignoreer nie. 

Deur me Christine Botha: Regsbeampte, Sentrum vir Grondwetlike Regte 

***Die derde artikel in 'n reeks van vier oor die reg om onderrig in die amptelike taal of tale van jou keuse in openbare onderwysinstellings te ontvang.

grond & eiendom

FW de Klerk Stigting

Die Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) is ’n eenheid van die FW de Klerk Stigting.

FW de Klerk Stigting

Top Bedreigings teen die Grondwet

Menseregteverslagkaart

Maak 'n skenking

Help ons om die Grondwet te handhaaf en te bevorder.

cfcr-donate

Kliek Hier