Die Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) bied toepaslik gekwalifiseerde en gretige individue die geleentheid om ervaring op te doen in die bevordering en beskerming van die waardes, regte en beginsels in die Grondwet.


Doelwit van internskap

cfcr interns

Die doelwit van internskappe by die SGR is om interns die geleentheid te bied om praktiese opleiding en ervaring op te doen na die behaling van hul eerste regsgraad, en verkieslik terwyl hul besig is met nagraadse studies. Dit bied interns die geleentheid om by te dra tot die bevordering van ons grondwetlike demokrasie deur vir die SGR navorsing te doen oor grondwetlike aangeleenthede, die voorbereiding van substantiewe dokumente in verhouding tot die werksaamhede van die SGR en om die SGR by te staan met sy strategiese doelwitte.

Internskappe is in beginsel gebaseer by die kantore van die SGR, waar interns onder die direkte toesig van die direkteur en professionele personeel van die SGR werk.

Spesifieke take en verantwoordelikhede

  • Help met navorsing en die ontleding van beleid en regsontwikkelinge, wetgewing, sakereg en huidige aangeleenthede met grondwetlike implikasies;
  • Help met die voorbereiding van substantiewe dokumente en artikels in lyn met die doelwitte van die SGR;
  • Neem deel aan tersaaklike seminare en geleenthede;
  • Help met die koördinering van aktiwiteite wat deur die SGR aangebied word; en
  • Onderneem ad hoc regs- en administratiewe take soos versoek

Kwalifikasies en vermoë

  • LL B. Sal voordelig wees indien kandidaat besig met nagraadse kwalifikasie in Staatkunde, Menseregte of Administratiewe Reg.
  • Geen professionele werkervaring is nodig nie, maar aansoekers moet ’n bewese belangstelling in Staatkunde toon en toegewyd wees tot die ideale wat in die Grondwet vervat word.
  • Moet in duidelik en doeltreffend in Engels en enige ander amptelike taal kan kommunikeer en skryf.
  • Moet in staat wees om as deel van ’n professionele span te werk en ook in staat wees om die span op professionele wyse te verteenwoordig.

Tydperk 

Internskappe is op voortdurende basis beskikbaar vir ’n minimum van drie maande en ’n maksimum van 12 maande. Interns sal 5 dae per week werk (of soos op ooreengekom).


Hoe om aansoek te doen

Belangstellende individue wat aan die vereistes voldoen word uitgenooi om aansoek te doen deur die volgende dokumentasie aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. te stuur:

  • Brief wat aansoek motiveer; en
  • Curriculum vitae

Aansoeke moet die tydperk waartydens die aansoeker beskikbaar sal wees (totale tydperk en weeklikse werksdae) duidelik uiteensit. Potensiële kandidate sal op voortdurende basis gekontak word vir verdere oorweging.

 

grond & eiendom

FW de Klerk Stigting

Die Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) is ’n eenheid van die FW de Klerk Stigting.

FW de Klerk Stigting

Top Bedreigings teen die Grondwet

Menseregteverslagkaart

Maak 'n skenking

Help ons om die Grondwet te handhaaf en te bevorder.

cfcr-donate

Kliek Hier