Jongste Nuus

Die Sentrum vir Grondwetlike Regte skryf gereeld artikels oor tersaaklike aangeleenthede, neem deel aan die nasionale debat oor  grondwetlike aangeleenthede en voer interaksie met die regering en belanghebbende groepe wat ten doel het om die Grondwet en die waardes wat die vervat, te onderhou.

constitution education opt

Het die Universiteit van die Vrystaat versuim om oorweging te skenk aan Afrikaanse studente se grondwetlike reg kragtens artikel 29(2)? Dit volg nadat die universiteit sy dubbelmedium-taalbeleid met 'n enkelmedium-beleid vervang het. Dit was 'n belangrike kwessie in die Appèlhof se uitspraak in University of the Free State v Afriforum (Appèlhof-uitspraak). Die UV se uitspraak is gegrond op 'n “verbintenis tot transformasie”, en is deur die Appèlhof gehandhaaf. Afriforum het aansoek verlof by die Konstitusionele Hof ingedien om teen die beslissing te appelleer.

In 'n eerste vir die Konstitusionele Hof, sal dit belangrik wees om die betekenis van die interne kwalifiseerders van artikel 29(2) duidelik te stel, in die konteks van hoër onderwys.

PRESS FREEDOM opt

Die Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) doen 'n beroep om die beskerming van joernaliste en ander personeel in die media, in die lig van die toenemende gedokumenteerde aanvalle op joernaliste, met inbegrip van Ferial Haffajee en Peter Bruce. Suna Venter se dood aan natuurlike oorsake, na volgehoue teistering, ontvoering en aanrandings, is 'n grimmige herinnering aan die toenemende kwesbaarheid van praktiserende joernaliste in Suid-Afrika vandag.

“Sonlig is glo die beste ontsmettingsmiddel”, het Louis Brandeis in 1914 geskryf - maar daardie stelling is steeds waar. Die Grondwet stel verantwoordbaarheid, openheid en deursigtigheid daar as verstekwaardes en die media verseker grotendeels dat dit so bly. Vryheid van uitdrukking word ook in die Grondwet erken, en dit maak ook voorsiening vir vryheid van die pers en ander media. Gevolglik is die ongevraagde en onwettige aanvalle op joernaliste 'n direkte aanval op die Grondwet.

outside parliament sabc

Op 29 Mei 2017 het die Nasionale Raad van Provinsies (NRVP) se Gekose Komitee oor Maatskaplike Dienste die publiek genooi om geskrewe voorleggings in te dien oor die Wysigingswetsontwerp op Vlugtelinge [W12B-2016], wat verder gewysig is. Die Wysigingswetsontwerp op Vlugtelinge (die Wetsontwerp) is in September 2016 in die Nasionale Vergadering ingestel en het ten doel om die Wet op Vlugtelinge van 1998 te wysig.

In wese het die Wetsontwerp ten doel om sistemiese korrupsie aan te pak, wat die asielstelsel al vir jare teister. Voorts maak dit voorsiening vir diskwalifikasie en opheffing betreffende vlugtelingstatus, en stel weer die Staande Komitee in.

SAPS foter

Luitenant-generaal Khomotso Phahlane is uit sy waarnemende pos as Nasionale Suid-Afrikaanse Polisiekommissaris verwyder. Dít teen die agtergrond van die destydse Nasionale Polisiekommissaris, Riah Phiyega, wat steeds geskors is weens haar rol in die Marikana-moorde van stakende mynwerkers. Sal ons waag om die nasie daaraan te herinner dat daar nog nie ‘n individu was wat sy of haar termyn as die hoof van die Suid-Afrikaanse Polisiediens voltooi het nie? Suid-Afrikaners is moeg van daaglikse onthullings van korrupsie, onbevoegdheid en ‘n Staat wat klaarblyklik vasberade is om af te dwaal van sy weg van grondwetlike demokrasie.

africa globe opt25 Mei is die jaarlikse herdenking van die stigting van die Organisasie vir Afrika-Eenheid (OAE). Die OAE is ingestel om “eenheid en solidariteit onder Afrika-state te bevorder” en om “die oorblyfsels van kolonisasie en apartheid op die vasteland uit te roei”. Dit was aan die begin van die bevryding vir baie Afrika-lande van kolonialisme, en die samewerking was een van die beste voorbeelde van pan-Afrikanisme en die voorneme om bande tussen Afrika-lande te smee. In 2001 is die OAE hernoem na die Afrika-unie (AU). Vanjaar vier dit sy 54ste bestaansjaar - meer as vyf dekades, en tog blyk dit of daar nie veel is om te vier nie.

farm

Artikel 27(1) en (2) van die Grondwet waarborg elke burger die reg op voldoende voedsel, en dat die staat voldoende maatreëls moet instel om die verwesenliking van hierdie reg te verseker. Om te verseker dat hierdie grondwetlike noodsaaklikheid nagekom word, het die Kabinet in 2013 die Nasionale Beleid oor Voedsel en Voedselsekuriteit goedgekeur. Die Beleid het ten doel om voedselproduksie en -verspreiding te verbeter en om produksie deur kleinboere te bevorder, wat ook saam met “bestaansboerdery”, “gemeenskapsgebaseerde boerdery” of “landelike boerdery” gebruik word. Terwyl kleinboere oor beperkte bronne beskik, speel hulle 'n belangrike rol in die die skep van mense se lewensbestaan en om voedselproduksie onder die arm landelike bevolking te verseker. Die Beleid stel 'n raamwerk in die vooruitsig om die reg op voldoende voedsel te beskerm, maar voedselonsekerheid is egter steeds 'n faktor. 

In 2016 het die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye se Jaarverslag vir 2016 verklaar dat alhoewel die land voedselvereistes onder normale weersomstandighede kan nakom, is 14 miljoen Suid-Afrikaners kwesbaar wat hongerte betref, en nie oor voldoende toegang tot voedsel beskik nie. Daarbenewens toon Statistiek SA se Community Survey 2016 dat 2.2 miljoen huishoudings in die afgelope jaar 'n maaltyd oorgeslaan het, en 3.3 miljoen huishoudings sê dat hulle in die afgelope 12 maande nie genoeg geld oorgehad het om kos te koop nie.

foter ConCourt

Is dit realisties in Suid-Afrika se multikulturele samelewing om te verwag om moedertaalonderrig te ontvang aan 'n onderwysinstelling van die staat? Indien daar slegs gefokus word op artikel 29(2) van die Grondwet, moet die antwoord bepaal word volgens enige feitlike konteks. Artikel 29(2) van die Grondwet (artikel 29(2)-reg) is ingestel om die balansering van regte te verseker, deur te waarborg dat elkeen die reg het op onderrig in die taal van hul keuse aan 'n openbare onderwysinstelling, mits dit “redelik doenbaar” is. Die Staat is voorts verplig om alle redelike opvoedkundige alternatiewe te oorweeg om aan hierdie reg uitvoering te gee, met die in agneming van die faktore van “billikheid, doenbaarheid en die behoefte daaraan om die gevolge van die diskriminerende wette en praktyke in die verlede reg te stel”.

nuclear opt

Die Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) verwelkom die beslissing deur die Wes-Kaapse Hoë Hof, wat Suid-Afrika se kernooreenkoms met Rusland tersyde stel. Die suksesvolle uitdaging van die ooreenkoms is geloods deur die burgerregte organisasies, EarthLife Africa (ELA) en die Southern African Faith Communities’ Environment Institute (SAFCEI), op grond daarvan dat die ooreenkoms onwettig en ongrondwetlik was.

Die geheime kernooreenkoms het die nasie na bewering R1 triljoen gekos en die Suid-Afrikaanse publiek sou niks wyser gewees het as dit nie was vir ondersoekende joernaliste en die nie-regeringsinstellings wat die howe genader het nie.

Afgesien van die enorme koste van die ooreenkoms, wat Suid-Afrikaners moes dra, het die ooreenkoms ook die Grondwet se bepaling geskend dat die verkryging van goedere of dienste regverdig, billik, deursigtig en kostedoeltreffend moet wees. Die ooreenkoms sou bindend wees vir 20 jaar en sou basies Suid-Afrika se mag om besluite te neem oor die kernbedryf aan Rusland oorhandig.

Verdere Artikels...

grond & eiendom

FW de Klerk Stigting

Die Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) is ’n eenheid van die FW de Klerk Stigting.

FW de Klerk Stigting

Top Bedreigings teen die Grondwet

Menseregteverslagkaart

Maak 'n skenking

Help ons om die Grondwet te handhaaf en te bevorder.

cfcr-donate

Kliek Hier