• Binnegevegte tussen staatsorgane, wat veroorsaak dat hulle minder geneig sal wees om hul grondwetlike mandaat na te kom. Daar word veral melding gemaak van die voortgesette ondersoek na die sake van die waarnemende Nasionale Polisiekommissaris.
  • Dieselfde gevegte kom ook voor in die verhouding tussen die hoof van die Tesourie, Tom Moyane, en die Minister van Finansies, Pravin Gordhan - hierdie spanning is veroorsaak deur Tom Moyane se klaarblyklike weiering om die Tesourie heeltemal aan die Departement van Finansies verantwoordbaar te stel. Dit is na bewering die gevolg van pogings deur sommige politici in die regerende party om op onbehoorlike wyse by die Tesourie in te meng.
  • Die reg op onderwys word ook bedreig - die #FeesMustFall-betogings is in die verlede, maar alle TBOO-kolleges regoor die land is gesluit weens bewerings dat hulle grootliks onbevoeg is en kwalifikasies aanbied wat nie op standaard is nie.
  • Steeds met betrekking tot die reg op onderwys, is handboeke en skryfbehoeftes vir die akademiese jaar 2017 nog nie in Limpopo afgelewer nie, ten spyte van die hoogs gepubliseerde luide protes hieroor en die daaropvolgende litigasie in 2014.
  • Die verswakking van staatsinstellings wat veronderstel is om openbare mag aanspreeklik te hou - naamlik die ongunstige begin van die nuwe Openbare Beskermer se ampstermyn. Ook, die feit dat hoë amptenare van die Nasionale Vervolgingsagentskap (Mrwebi and Jiba) van die rol van praktiserende advokate geskrap (‘n besluit waarteen hulle appelleer), voorspel niks goed vir die nasie se grondwetlike demokrasie nie. Dieselfde verswakking, en ‘kaping’ van die SAUK, asook politieke inmenging by die uitsaaier, beteken dat die SAUK grootliks sy grondwetlike mandaat as ‘n openbare uitsaaier versuim.
  • Die voormalige Openbare Beskermer het laat in 2016 ‘n verslag bekendgestel oor bewerings van ‘staatskaping’, waarin sy aanbeveel dat ‘n kommissie van ondersoek ingestel word om te kyk na bewerings van staatskaping - ‘n verslag wat uitgedaag word deur die President, wat een van die individue is wat in die verslag geïmpliseer word.