190529 SGR UITNODIGING optOp Woensdag, 29 Mei, het die Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) en die Konrad Adenauer-stigting (KAS) die eerste in 'n reeks ontbytbesprekings vir 2019 aangebied.

Onderwerp:  Post Verkiesings 2019 - Ons Weg Terug Na 'n Grondwetlike Demokrasie
Ontleding van kritieke hervormings nodig, potensiële kabinetsaanstellings, prioriteite vir die 6de demokratiese parlement en die bestuur van die verwagtinge van die burgers

Sprekers:                   

  • Me Elnari Potgieter - Senior Projekleier van die IJR se South African Reconciliation Barometer (SARB). Die SARB is die Suid-Afrikaanse kernvennoot van die Afro-barometer, die wêreld se langste publieke opinie-opname oor sake van demokratiese en ekonomiese bestuur.
  • Mnr Wayne Duvenage - Hoof Uitvoerende Beampte van die Organisation Undoing Tax Abuse (OUTA). OUTA is 'n apolitieke burgerlike aktivis organisasie. OUTA se projekte behels ondersoek van gevalle van korrupsie en wanadministrasie oor alle regeringsfere.
  • Dr Theuns Eloff - Uitvoerende Direkteur van die FW de Klerk Stigting, gereelde media kommentator en skrywer van die 2017 boek Turning Point - South Africa at a Crossroads, wat perspektief bied op huidige kwessies wat Suid-Afrika in die gesig staar, soos gebrek aan dienslewering, onderwys, die verswakkende ekonomie en korrupsie.

grond & eiendom

Maak 'n skenking

Help ons om die Grondwet te handhaaf en te bevorder.

cfcr-donate

Kliek Hier